John Keats



John Keats

Engelse digter


Handtekening


Literêre stroming
Romantiek


Musea



Keats-Shelley-huis
op die plein Piazza di Spagna,
Rome, Italië



Keats House
in Hampstead, Londen

John Keats (uitgespreek as ˈkiːts; * 31 Oktober 1795, † 23 Februarie 1821) was 'n Engelse Romantiese digter. Hy was naas Lord Byron en Percy Bysshe Shelley een van die sleutelfigure van die Romantiese beweging se tweede generasie, ongeag die feit dat sy literêre loopbaan vanweë sy ontydige afsterwe in die ouderdom van 25 jaar slegs vier jaar geduur het. Verse, Fame, and Beauty are intense indeed, / But Death intenser - Death is Life's high meed het hy in sy gedig Why Did I Laugh in 1819 geskryf. In 1820 het hy opgemerk dat sy siel "die mees ontevrede en mees onrustige is wat ooit in 'n liggaam geplaas is wat té klein is daarvoor".[1]

  1. Dr. Detlef Langermann (red.): Duden Abiturwissen Literatur. Tweede hersiene uitgawe. Mannheim, Leipzig, Wene en Zürich: Dudenverlag 2007. Berlyn en Frankfurt am Main: DUDEN PAETEC Schulbuchverlag 2007, bl. 296

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search