John Milton

John Milton
Gebore9 Desember 1608
Bread Street, Londen, Engeland
Sterf8 November 1674
Bunhill, Londen, Engeland
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
Beroepskrywer, digter en staatsamptenaar
Handtekening

John Milton (9 Desember 1608 - 8 November 1674) was 'n Engelse skrywer, digter en staatsamptenaar vir die Gemenebes van Engeland se Staatsraad en later onder Oliver Cromwell. Hy het geskryf tydens 'n godsdienstige en politieke omwenteling, en is veral bekend vir sy epiese gedig Paradise Lost (1667). Sy ondersteuning van republikanisme in 'n era van absolute monargieë was beide ongewild en gevaarlik.

Milton was een van die belangrikste Engelse digters en het naas Engelse ook Latynse en Italiaanse poësie geskryf. Tydens die bewind (ca. 1649- 1658) van Oliver Cromwell het hy pamflette gepubliseer waarin hy die Puriteine (Cromwell se aanhangers) ondersteun het.

Sy meesterstuk was die epiese gedig Paradise lost (1667). Ander belangrike werke van Milton was sy sonnette, onder meer On his blindness, die treurdig Lycldas en gedigte soos l'Allegro en II penseroso.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search