John Steenhuisen

John Steenhuisen
John Steenhuisen

Leier van die Opposisie in die Nasionale Vergadering
Ampsbekleër
Termynaanvang
27 Oktober 2019
Voorafgegaan deur Annelie Lotriet (waarnemend)
Mmusi Maimane

Federale Leier van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 November 2020
Voorafgegaan deur Mmusi Maimane

Hoofsweep van die Amptelike Opposisie
Ampstermyn
29 Mei 2014 – 24 Oktober 2019
Vise Jacques Julius
Mike Waters
Voorafgegaan deur Watty Watson
Opgevolg deur Jacques Julius (waarnemend)
Natasha Mazzone

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 Maart 1976 (1976-03-25)
Durban
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Terry Steenhuisen (2014–)
Julie Steenhuisen (2000–2010)
Kind(ers) 3
Alma mater Northwood Boys High School

John Henry Steenhuisen (gebore 25 Maart 1976) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans sedert Junie 2024 as Minister van Landbou dien.

Hy het gedien as die twintigste leier van die Opposisie van Oktober 2019 tot Junie 2024 (tot sy toetrede tot die regering van nasionale eenheid na die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing). Hy is sedert November 2020 die leier van die Demokratiese Alliansie, nadat hy vanaf November 2019 vir een jaar as die tussentydse leier gedien het. Hy was hoofsweep van die amptelike opposisie vanaf Mei 2014 tot Oktober 2019. Hy dien tans as Minister van Landbou onder die Derde Kabinet van Cyril Ramaphosa.

Hy het voorheen as die hoofsweep onder die leierskap van Mmusi Maimane gedien. Steenhuisen het 'n lid van die parlement in Julie 2011 geword. Voor dit was hy betrokke in die politiek van KwaZulu-Natal waar hy as die provinsiale leier van die DA en lid van KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer gedien het. Hy was ook 'n stadsraadslid in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Hy is op 2 April 2023 vir nog 'n termyn as partyleier herkies.[1].


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search