Joseph Butler

Joseph Butler
Gebore (1692-05-18)18 Mei 1692
Wantage, Berkshire, Engeland
Oorlede 16 Junie 1752 (op 60)
Bath, Somerset, Groot-Brittanje
Plek van graf Katedraal van Bristol
Nasionaliteit Vlag van Engeland Engeland
Vakgebied Teologie, apologetiek , filosofie
Alma mater Oriel College, Oxford
Beïnvloed deur Plato, Thomas Hobbes, John Locke, Francis Hutcheson
Invloed op Adam Smith, David Hume, Thomas Reid, William Paley, Jeremy Bentham, David Seabury, C.S. Lewis, John Warwick Montgomery

Joseph Butler (18 Mei 169216 Junie 1752) was 'n Engelse biskop, teoloog, apologeet, en filosoof. Hy is gebore in Wantage in die Engelse graafskap van Berkshire (nou Oxfordshire). Hy is bekend, onder andere vir sy kritiek van Deïsme, Thomas Hobbes se egoȉsme, en John Locke se teorie oor persoonlike identiteit. Butler beȉnvloed baie ander filosowe en godsdienstige denkers, insluitende David Hume, Thomas Reid, Adam Smith, Henry Sidgwick, John Henry Newman, en C. D. Broad, en word algemeen beskou as een van die mees vooraanstaande Engelse moraliste. Hy speel ook 'n belangrike, hoewel onder waardeerde rol, in die ontwikkeling van agtiende eeuse ekonomiese diskoers, deur sy beinvleding van die Anglikaanse deken van Gloucester en die politieke ekonoom Josiah Tucker.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search