Josia

Josia volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Josia was die sestiende koning van die koninkryk van Juda en het 31 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Amon. Hy was 8 jaar oud toe hy koning geword het. Volgens die Bybel was hy ’n goeie koning wat in die voetspore van sy voorvader Dawid geloop het. Hy het die tempel herstel en het daar 'n wetboek ontdek wat hy met die hulp van die profetes Gulda kon uitlê. Hy is in 'n veldslag teen koning Neko van Egipte oorlede. Die profeet Jeremia het 'n treurlied vir hom gedig. Hy is deur sy seun Joahas opgevolg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search