Judo

Piktogram wat Judo aandui
'n Judo-gooi
'n Skouergooi (seoi-nage in Japannees) tydens graduering

Judo (Japannees: 柔道 jūdō) is 'n sportsoort wat sy oorsprong in die Japanse vegkuns het. Die sport was in ongeveer 1882 ontwerp deur Jigoro Kano. Die woord beteken "sagte weg", waarby die woord do (weg) verwant is aan tao en naas die betekenis 'manier' ook die konnotasie van 'lewenspad' het. 'n Beoefenaar van judo word 'n judoka genoem. Judo word wêreldwyd beoefen en word sedert 1964 as 'n Olimpiese sport vir mans erken, en vanaf 1992 vir dames.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search