Juno (ruimtetuig)

Juno
’n Kunstenaarsvoorstelling van Juno by Jupiter.
’n Kunstenaarsvoorstelling van Juno by Jupiter.
Operateur Nasa/JPL
Planeet Jupiter
Gelanseer 5 Augustus 2011
Lanseringsvuurpyl Atlas V 551 (AV-029)
Gearriveer 4 Julie 2016
Wentelperiode 53/14 dae
Duur van sending 20 maande (wetenskapfase)
Verstreke: 7 jaar, 11 maande en 27 dae
Doel Verkenning
Status Aktief
Webtuiste Mission Juno
Juno by Nasa
Die lansering.

Juno is ’n sending van Nasa se New Frontiers-program wat tans in ’n wentelbaan om die planeet Jupiter is. Die tuig is op 5 Augustus 2011 van Kaap Canaveral af gelanseer en het op 4 Julie 2016 gearriveer. Op 5 Julie het dit in ’n wentelbaan om Jupiter gegaan.[1][2][3] Juno wentel om die planeet se pole om die samestelling, gravitasie- en magneetveld en polêre magnetosfeer te ondersoek. Dit sal ook soek na leidrade oor hoe die planeet gevorm het, of dit ’n rotsagtige kern het, die hoeveelheid water in die diep atmosfeer, massaverspreiding en diep winde, wat snelhede van tot 618 km/h kan bereik.[4]

Dit is die tweede ruimtetuig wat om Jupiter wentel, ná Galileo in 1995-2003.

Juno het drie sonpaneelvlerke, die grootstes wat nog in ’n planetêre sending gebruik is, en hulle sal ’n groot rol speel in die stabilisering van die tuig en die opwekking van krag.[5]

Die naam kom uit die Grieks-Romeinse mitologie. Die god Jupiter het ’n wolksluier om hom geskep om sy verkeerde dade te verbloem, maar sy vrou, die godin Juno, het deur die wolke geloer en sy ware aard gesien.[6] Voorheen is die akroniem JUpiter Near-polar Orbiter op ’n lys van Nasa gebruik om na die sending te verwys.[7]

  1. Chang, Kenneth (28 Junie 2016). "NASA's Juno Spacecraft Will Soon Be in Jupiter's Grip". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 30 Junie 2016.
  2. Chang, Kenneth (30 Junie 2016). "All Eyes (and Ears) on Jupiter". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 1 Julie 2016.
  3. Dunn, Marcia (5 Augustus 2011). "NASA probe blasts off for Jupiter after launch-pad snags". MSN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2012. Besoek op 31 Augustus 2011.
  4. Winds in Jupiter's Little Red Spot almost twice as fast as strongest hurricane
  5. "NASA – Juno's Solar Cells Ready to Light Up Jupiter Mission". www.nasa.gov (in Sweeds). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 4 Oktober 2015.
  6. "NASA's Juno Spacecraft Launches to Jupiter". Nasa. 5 Augustus 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 5 Augustus 2011.
  7. "Mission Acronyms & Definitions" (PDF). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 September 2020. Besoek op 30 April 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search