Kaasburger

'n Sappige kaasburger.
'n Reusagtige kaasburger met aartappelskyfies.

'n Kaasburger is ’n hamburger met kaas bo-op die vleisflappie. Die benaming is ’n kofferwoord, asook ’n samestelling vanuit die woorde “kaas” en “hamburger”. Die kaas word gewoonlik gesny, waarna dit net voor die hamburger heeltemal gaar is, bygevoeg word, sodat dit kan smelt. Kaasburgers word dikwels met vulsels soos blaarslaai, tamatie, uie, agurkies, mosterd, mayonnaise of tamatiesous bedien. By kitskoseetplekke is die kaas wat kenmerkend gebruik word, verwerkte kaas, hoewel afwisseling kan voorkom, soos Cheddar, Mozzarella, Pepper Jack sowel as Switserse en bloukaassoorte. Die kaas binne-in die kaasburger kan aansienlik van voedingswaarde verskil: 'n Enkele snytjie Cheddar kan 95 kalorieë en 5 gram versadigde vette by 'n burger voeg. [1] Ander soorte en hoeveelhede kaas sal verskille tot gevolg hê, afhangend van hul onderskeie voedingswaardes.

  1. "Nutrition Information for: Cheeseburger" (in Engels). FitDay. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 11 Februarie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search