Kampioenetrofee 2000

Kampioenetrofee 2000
Datums 3 Oktober – 15 Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Uitklopfase
Gashere Vlag van Kenia Kenia
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Indië Indië
Deelnemers 11
Wedstryde gespeel 10
Meeste lopies Vlag van Indië Sourav Ganguly (348)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Indië Venkatesh Prasad (8)[2]
1998
2002

Die Kampioenetrofee 2000 (Engels: 2000 ICC KnockOut Trophy) is van 3 tot 15 Oktober 2000 in Kenia beslis. Dit was die tweede Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die IKR-trofee 1994 die tweede vername kriekettoernooi in Kenia. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 2000 (KnockOut Trophy 2000) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend.

Die Uitkloptrofee waarom meegeding is

Elf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2000 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het, moes die ses laagste spanne in die ranglys om die oorblywende drie plekke speel. Vervolgens het in die voorwedstryde Kenia teen Indië, Sri Lanka teen Wes-Indië en Bangladesj teen Engeland gespeel. Indië, Sri Lanka en Engeland het hul onderskeidelike wedstryde gewen en en sodoende hul plekke in die kwarteindrondte bespreek. Al die tien wedstryde is op die Gymkhana Klubveld in Nairobi gespeel.[3]

Die vyf beste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 het regstreeks tot die uitklopfase gevorder, terwyl die ses laagste spanne van die 1999-toernooi in die voorwedstryde om die laaste drie plekke vir die uitklopfase moes speel. Vervolgens het Australië, Pakistan, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Zimbabwe regstreeks die uitklopfase gehaal, terwyl Indië, Sri Lanka en Engeland tot die uitklopfase gevorder het nadat hulle in hul onderskeidelike voorwedstryd onderskeidelik Kenia, Wes-Indië en Bangladesj geklop het. In die eindstryd het Nieu-Seeland Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika is in die halfeindrondte uitgeskakel.[4]

  1. (en) "Records in ICC KnockOut, 2000/01 – Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  2. (en) "Records in ICC KnockOut, 2000/01 – Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  3. (en) "ICC Knockout, 2000–01". ESPNcricinfo, Wisden Cricketers’ Almanack. 2001. Besoek op 25 Junie 2023.
  4. (en) Peter Robinson (15 Oktober 2000). "Cairns steers New Zealand to heroic victory over India in ICC KnockOut final". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search