Kampioenetrofee 2006

Kampioenetrofee 2006

Kenteken van die Kampioenetrofee 2006
Datums 7 Oktober – 5 November
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Indië Indië
Kampioen Vlag van Australië Australië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
Deelnemers 10
Wedstryde gespeel 21
Speler van die reeks Vlag van Wes-Indië Chris Gayle
Meeste lopies Vlag van Wes-Indië Chris Gayle (474)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Wes-Indië Jerome Taylor (13)[2]
2004
2009

Die Kampioenetrofee 2006 (Engels: 2006 ICC Champions Trophy) is van 7 Oktober tot 5 November 2006 in Indië beslis. Dit was die vyfde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Die tien destydse toetskrieketlande het aan die Kampioenetrofee 2006 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Die vier laagste spanne op die EDI-ranglys soos op 1 April 2006 het in die kwalifiseringsrondte gespeel, waarvan die twee beste spanne tot die groepfase gevorder het. Die groepfase het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, wat dit die eerste vername IKR-toernooi sedert die Krieketwêreldbeker 1975 gemaak het, waartydens geen span van die Indiese subkontinent die uitklopfase gehaal het nie. Australië het Nieu-Seeland en Wes-Indië het Suid-Afrika geklop, waardeur Australië en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op die Brabourne-stadion in Mumbai het Australië die verdedigende kampioen Wes-Indië met agt paaltjies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999 en 2003 was dit Australië se vierde internasionale kriekettitel. Die gasheer Indië is reeds in die groepfase uitgeskakel.

  1. (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2006/07 – Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  2. (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2006/07 – Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search