Kampioenetrofee 2029

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Kampioenetrofee 2029
Datums Oktober – Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Indië Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2025
2033

Die Kampioenetrofee 2029 (Engels: 2029 ICC Champions Trophy) sal in Oktober 2029 in Indië beslis word.[1] Dit sal die tiende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die 2006-toernooi die tweede in Indië.

Die toernooi se formaat van 2009, 2013, 2017 en 2025 sal onveranderd bly en die agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys sal aan die Kampioenetrofee 2029 kan deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet.

  1. (en) "Pakistan to host 2025 Champions Trophy". The Times of India. 16 November 2021. Besoek op 20 Junie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search