Kangaroe

Kangaroes
Tydperk: 28–0 m. jaar gelede
Laat Oligoseen tot onlangs
'n Rooinek-wallaby
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Macropodidae

Gray, 1821
Genera

Kangaroes (Macropodidae) is 'n familie van buideldiere wat in Australië en Nieu-Guinee voorkom. Daarnaas is hulle ook na Hawaii, Engeland en Nieu-Seeland ingevoer.

Benewens die algemeen bekende groter spesies ware kangaroes, vorm 'n aantal rot- en haasagtige diere, wat met die eerste oogopslag nie baie na die kangaroes lyk nie, ook deel van hierdie familie. Sedert kangaroes in 1629 die eerste keer opgemerk is, het bioloë baie belang gestel in die wyse waarop die wyfiekangaroe haar kleintjies in die wêreld bring.

Eers in 1923 het al die feite oor hierdie diere se geboorteproses bekend geword. Omdat veral die reuse kangaroe as groot planteter vir die Australiese skape 'n gedugte voedselmededinger is, word hy op groot skaal gejag en doodgemaak. Die kangaroegetalle het dan ook sedert die koms van die koloniste skerp gedaal. Die jag op kangaroes het oor die laaste paar jaar so toegeneem dat hul voortbestaan nou, soos dié van alle ander buideldiere, bedreig word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search