Kanker

Kanker
Klassifikasie en eksterne bronne
’n CT-skandering wys ’n mesotelioom (gewas aan die longvliese. Sleutel: → gewas ←, ✱ oormaat vloeistof in die een long, 1 & 3 longe, 2 ruggraat, 4 ribbes, 5 aorta, 6 milt, 7 & 8 niere, 9 lewer.
’n CT-skandering wys ’n mesotelioom (gewas aan die longvliese. Sleutel: → gewas ←, ✱ oormaat vloeistof in die een long, 1 & 3 longe, 2 ruggraat, 4 ribbes, 5 aorta, 6 milt, 7 & 8 niere, 9 lewer.
ICD-10 C00C97
ICD-9 140239
DiseasesDB 28843
MedlinePlus   001289
MeSH D009369
Mediese waarskuwing

Kanker (Latyn: neoplasma malignum) is 'n versameling van siektes waar selle onbeheersde groei toon.

Kanker is die versamelnaam vir 'n groot aantal siektes wat gekenmerk word deur die onbeheerde groei van selle. Die siektes gaan in byna alle gevalle gepaard met die vorming van gewasse.

Die verskillende tipes kanker word ingedeel volgens die weefselsoort of die orgaan waarin dit sy oorsprong het. Die ongehinderde groei van die selle van 'n kankergewas lei daartoe dat die gewas deur die normale anatomiese grense breek en daardeur normale weefsel verdruk en so na ander dele van die liggaam versprei.

Daar bestaan oortuigende bewyse dat kanker ontstaan deur veranderinge in die erflike materiaal (die DNS) van normale liggaamselle. Sulke veranderinge kan eerstens plaasvind vanweë spontane mutasies of mutasies wat veroorsaak word deur faktore soos straling of kontak met sekere chemiese stowwe (karsinogene stowwe). Tweedens kan dit plaasvind deur infeksie met sekere virusse wat oor die vermoë beskik om van hul eie erflike materiaal by dié van die sel in te las en daardeur 'n transformasie in die sel te bewerkstellig.

Die basiese prosesse waardeur die transformasie van 'n gewone sel na 'n kankersel plaasvind, bly egter nog steeds grotendeels onbekend. Volgens die immunologiese benadering ten opsigte van die ontstaan van kanker kry nuut gevormde kankerselle die geleentheid om te groei en in 'n gewas te ontwikkel wanneer die immunologiese verdedigingsmeganisme van die liggaam in gebreke bly om die getransformeerde kankerselle as vreemd te herken en te elimineer.

Hierdie benadering kan uiteindelik lei tot nuwe behandelingsmetodes wat op die stimulering van die liggaam se beskermingsmeganisme gegrond is. Tans is die beste behandeling vir kanker gewoonlik die vroegtydige en algehele verwydering van die gewas deur chirurgie. Die voorkoming van kanker (deur op te hou rook of deur die vermyding van kontak met enige kankerverwekkende stowwe) en die opsporing van die siekte (onder meer deur massale bevolkingsondersoeke) is van die grootste belang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search