Kaprivistrook

Dorpie in die Kaprivistrook.
Die Kaprivistrook.

Die Kaprivistrook is 'n 30 km breë strook land in Afrika tussen Angola en Botswana wat aan Namibië behoort. Sedert 1990 val die Kaprivistrook in twee Namibiese streke: die westelike helfte lê in die Kawangostreek, terwyl die oostelike helfte in die Sambesistreek is. Die strook begin in die noordooste van die land op die 21ste graad oosterlengte en strek 450 km na die ooste tot die punt waar die Choberivier van die Zambezirivier aftak. Die strook grens in die noorde aan Angola en Zambië en in die suide aan Botswana. Die Okavangorivier vloei deur die westelike deel van die Kaprivistrook.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search