Karel Schoeman

Karel Schoeman
Gebore26 Oktober 1939
Sterf1 Mei 2017
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkrywer, vertaler, historikus

Karel Schoeman (* Trompsburg, Vrystaat, 26 Oktober 1939, oorlede 1 Mei 2017 in die Noorderbloem-aftreeoord in Bloemfontein) was 'n Afrikaanse skrywer.

In 1956 het hy sy matriekeksamen aan die Hoër Jongenskool in die Paarl geslaag. Schoeman het taalkunde aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat gestudeer en in 1959 'n BA-graad behaal. In dieselfde jaar het hy die Rooms-Katolieke geloof aangeneem en aan die Rooms-Katolieke Seminarium St. John Vianney in Pretoria gestudeer. In 1961 het hy tot die orde van die Fransiskane in Ierland toegetree. Ná drie jaar se novisiaat in die kloosters van Killarney en Gilwald het hy egter besluit om nie sy gelofte as priester af te lê nie. Hy het in 1964 na Bloemfontein in Suid-Afrika teruggekeer en die Hoër Diploma in Biblioteekkunde behaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search