Kathleen McGowan

Kathleen McGowan is 'n Amerikaanse skryfster wat met haar romanreeks The Magdalene Line internasionale sukses behaal het. Haar boeke is al in vyftien tale vertaal.

McGowan, 'n boorling van Hollywood, Kalifornië, het op die ouderdom van 21 as verslaggeefster na Noord-Ierland gegaan en in die volgende jare reise na die vasteland van Europa en die Nabye Ooste onderneem. Ná haar terugkeer na die Verenigde State was sy onder meer as hoofredakteur vir die Irish News en die Walt Disney Corporation werksaam. Sy het haarself daarnaas ook as draaiboekskryfster bekwaam en is tans besig met 'n dokumentêr oor haar reise.

McGowan woon met haar eggenoot, die Ierse sanger en liedjieskrywer Peter McGowan, en hulle drie seuns in Los Angeles.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search