Kelvin-Helmholtz-meganisme

Die Kelvin-Helmholtz-meganisme is 'n astronomiese effek wat plaasvind wanneer die oppervlak van 'n ster of planeet afkoel. Die drukking verlaag as gevolg van die afkoeling en die hemelliggaam word saamgepers om op te maak vir die drukverlaging. Deur die samepersing styg die temperatuur in die kern van die hemelliggaam; die effek is (onder andere) sigbaar op Jupiter en Saturnus - Jupiter straal meer energie uit as wat hy van die son ontvang.

Die meganisme was oorspronklik aan die einde van die 19de eeu voorgestel deur Baron Kelvin en Hermann von Helmholtz as 'n verduideliking van die son se bron van energie. Dit is tans bekend dat die effek van die styging van energie as gevolg van die Kevin-Helmholtz-meganisme heeltemal te klein is om die energieproduksie van die son te verklaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search