Keniaanse nasionale rugbyspan

Kenia
Unie Keniaanse Rugbyunie (KRU)
Bynaam(e) Simbas (“die leeus”)
Embleem die Leeu
Stadion RFUEA-veld, Nairobi
Kapasiteit 6 000
Afrigter(s) Vlag van Suid-Afrika Jerome Paarwater (sedert 2023)
Kaptein(s) Daniel Sikuta
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Joel Nganga (52)[1]
Meeste toetspunte Darwin Mukidza (385)[2]
Meeste drieë Darwin Mukidza (18)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Kenia Kenia wen teen Tanganjika[4]
(1954)
Grootste oorwinning
Vlag van Kenia Kenia 96–3 Korea Vlag van Suid-Korea
(10 Augustus 1987)
Grootste nederlaag
Vlag van Portugal Portugal 85–0 Kenia Vlag van Kenia
(Doebai, Verenigde Arabiese Emirate; 12 November 2022)
Amptelike webwerf
www.kru.co.ke

Die Keniaanse nasionale rugbyspan (Engels: Kenya national rugby union team; Swahili: Timu ya raga ya Kenya) is die nasionale rugbyspan wat Kenia in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Simbas wat in Swahili leeus beteken. Rugby word in Kenia geadministreer deur die Keniaanse Rugbyunie (Kenya Rugby Union, KRU) wat in 1970 gestig is. Kenia word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Keniaanse rugbyspan is tans (April 2024) 34ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5] Saam met Ivoorkus en Zimbabwe is Kenia tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikarugbyspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias.

Hulle tuisveld is die RFUEA-veld in Nairobi wat in 1955 vir ’n Oos-Afrika-span teen die Britse en Ierse Leeus voorberei is. Kenia kon nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[6] Hulle het tydens die Afrikabeker twee titels ingepalm, vier keer in die derde en vier keer in die vierde plek geëindig. Die Keniaanse span speel tradisioneel in rooi truie met swart broeke en groen sokkies. Een voormalige Keniaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 7 April 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 7 April 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 7 April 2024.
  4. (en) M. Campbell; E.J. Cohen (1960). Rugby Football in East Africa 1909–1959. Rugby Football Union of East Africa. p. 41.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 7 April 2024.
  6. (en) "About Us – Kenya Rugby Union". Keniaanse Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2015. Besoek op 5 September 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search