Kergueleneilande

Kergueleneilande
Îles Kerguelen
(Frans)
(Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede) (Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede)
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
Ligging van die Kergueleneilande in die suidelike Indiese Oseaan
Ligging van die Kergueleneilande in die suidelike Indiese Oseaan
Kaart van die Kergueleneilande
Kaart van die Kergueleneilande
Amptelike tale Frans
Hoofstad Geen
Grootste stad Geen
Oppervlakte
 - Totaal
7 215 vk km
Bevolking
 - Totaal
 - Bevolkingsdigtheid
120 (2006)
0,02/vk km
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone UTC+10
Volkslied La Marseillaise
Kergueleneilande
Port-aux-Français
Cookgletser

Die Kergueleneilande of die Kerguelenargipel (Frans: Îles Kerguelen of Archipel de Kerguelen; amptelik Archipel des Kerguelen of Archipel Kerguelen) is 'n eilandgroep in die suidelike Indiese Oseaan wat sowat 3 300 km suidoos van die suidpunt van Afrika geleë is. Die Kergueleneilande is geleë by 49°15′S 69°35′O / 49.250°S 69.583°O / -49.250; 69.583 en word onder die mees afgeleë gebiede op aarde gereken. Daar is geen inheemse bevolking nie, maar Franse navorsingstasies op die eilande word permanent beman deur tussen vyftig en eenhonderd wetenskaplikes, ingenieurs en navorsers.[1]

Die hoofeiland Grande Terre, oorspronklik Desolation Island genoem, is van vulkaniese oorsprong en beslaan 'n oppervlakte van 6 675 km2. Dit word omring deur driehonderd kleiner eilande en riwwe wat gesamentlik 'n argipel met 'n totale oppervlakte van 7 215 km² vorm. Die klimaat is koud, baie winderig en die see is gewoonlik onstuimig.

Die eilandgroep maak deel uit van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede (Terres Australes et Antarctiques Françaises, kort TAAF) wat ook Terre Adélie in Antarktika, die Crozet-argipel, die eilandjies Amsterdam en Sint-Paul en – sedert 2005 – die "Verspreide Eilande" (Îles Éparses) rondom Madagaskar insluit.

  1. www.oceandocs.org

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search