Kgalagadi-vredespark

Kgalagadi-vredespark
(Kgalagadi Transfrontier Park)
Versamelvoëls se neste in ou bome
Versamelvoëls se neste in ou bome
Land Suid-Afrika en Botswana
Provinsie Noord-Kaap
Naaste dorp Upington
Ligging van Kgalagadi-vredespark op 'n kaart (Noord-Kaap)
Kgalagadi-vredespark
Kgalagadi-vredespark
Koördinate: 25°46′0″S 20°23′0″O / 25.76667°S 20.38333°O / -25.76667; 20.38333
Oppervlak 38 000 ha
Openingsjaar 31 Julie 1931 (Kalahari Gemsbok Park)
12 Mei 2000 (Kgalagadi-vredespark)
Bestuursliggaam SANParke en
Botswana Wildlife and National Parks
Webblad http://www.sanparks.org/parks/kgalagadi/
Twee Rivierenkamp in Kgalagadi.
Urikaruuskamp
Rooi Kalahariduine in die Kgalagadi-vredespark
'n Gemsbok staan in 'n droë rivierloop

Kgalagadi-vredespark is 'n uitgestrekte wildernis- en bewaringsarea in Suider-Afrika. Kgalagadi beteken plek van dors. Die park lê grotendeels in die suidelike Kalahariwoestyn. Die landskap bestaan uit rooi sandduine, yl plantegroei, hier-en-daar 'n boom, en die droë rivierbeddings van die Nossob- en Auobriviere. Die riviere vloei volgens oorlewering slegs eenkeer in 'n eeu. Water vloei egter ondergronds en verskaf lewe aan gras en kameeldoringbome wat in die rivierbeddings gedy. Die rivier mag gering vloei na groot donderstorms, terwyl die wild feesvier en na die rivierlopies stroom om hulle ewige dors te les.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search