Kimberley | |
---|---|
Die stadskern oor die Groot Gat gesien | |
Koördinate: 28°44′31″S 24°46′19″O / 28.74194°S 24.77194°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Sol Plaatje |
Stigting | 5 Julie 1873 |
Oppervlak | |
• Totaal | 164,3 km2 (63,4 vk. myl) |
Hoogte | 1 184 m (3 885 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 225 160 |
• Digtheid | 1 370/km2 (3 500/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8,0% |
• Indiërs/Asiërs | 1,2% |
• Bruin mense | 26,8% |
• Swart mense | 63,1% |
• Ander | 0,9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 43,2% |
• Tswana | 35,8% |
• Engels | 8,7% |
• Xhosa | 6,0% |
• Ander | 6,3% |
Poskode (strate) | 8301 |
Poskode (posbusse) | 8300 |
Skakelkode | 053 |
Kimberley is 'n stad in Suid-Afrika en die hoofstad van die Noord-Kaap met sowat 225 000 inwoners in 2011 (insluitend townships). Die plek waar Kimberley sou ontwikkel, het in 1871 wêreldwyd opslae gemaak ná die ontdekking van 'n diamantveld. Die mynboubedrywighede, wat hier vinnig ontwikkel het, gee onder meer aanleiding tot die industrialisering van Suid-Afrika. Kimberley maak op 2 September 1882 ook geskiedenis as die eerste stad in Suid-Afrika en die Suidelike Halfrond met elektriese gloeilamp-straatverligting – op 'n tydstip toe Londen se strate nog met gaslampe belig is.[2] Kimberley en die aanliggende Beaconsfield is in 1912 verenig onder een dorpsbestuur en het in Desember daardie jaar stadstatus verwerf.
Alhoewel die stad nie langs die belangrike toeristeroete van Suid-Afrika lê nie, is dit saam met Upington die poort na Suid-Afrika se "Wilde Weste" en na Namibië, met Namakwaland, die Augrabieswaterval, die Kgalagadi Vredespark (voorheen die Kalahari-Gemsbokpark), en die Namibwoestyn met die Visrivier-canyon as die belangrikste toeristebestemmings.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search