Kings Park-stadion

Kings Park-stadion
Lugbeeld van die Kings Park-stadon in 2013

Volle naam Hollywoodbets Kings Park
Vorige name ABSA-stadion (2000–2010)
Mr Price Kings Park (2011–2012)
Growthpoint Kings Park (2013–2018)
Jonsson Kings Park (2018–2022)
Ligging Durban
Koördinate 29°49′29.60″S 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°O / -29.8248889; 31.0296889
Eienaar eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit
Kapasiteit 52 000 (rugby en sokker)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1891
Geopen 28 Junie 1958
Renovasie 1984, 1993–1995
Huurders
Natalse Haaie, Sharks, Golden Arrows en AmaZulu FC

Kings Park-stadion, ook bekend as Hollywoodbets Kings Park vir borgskapdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 52 000 toeskouers akkomodeer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhidastadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut en 'n treinstasie.

Lugbeeld van die Kings Park-sportkompleks in 2009, links die Moses Mabhidastadion onder konstruksie en regs die Kings Park-stadion

Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik:


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search