Klitoris

Anatomie van die vroulike geslagsorgane:
1. Eierleier, 2. Fimbriae, 3. Blaas, 4. Skaambeen, 5. Para-uretrale kliere, 6. Urineleier, 7. Klitoris, 8. Vestibulêre bol, 9. Labia minora, 10. Labia majora, 11. Eierstok, 12. Dikderm, 13. Baarmoeder, 14. Forniks, 15. Serviks, 16. Rektum, 17. Vagina 18. Anus 19. Klier van Bartholin

Die klitoris is ’n vroulike seksorgaan wat by soogdiere, volstruise en ’n beperkte aantal ander diere voorkom. By mense is die sigbare deel – die "glans" – aan die bokant tussen die labia majora (groot skaamlippe), bo die opening van die urinebuis. Anders as die penis, die manlike ekwivalent, bevat dit gewoonlik nie die opening van die urinebuis nie en word dus nie vir urinering gebruik nie. Die klitoris het ook nie ’n voortplantingsfunksie nie. ’n Paar diere, soos die gevlekte hiëna, het ’n besonder groot klitoris en hulle urineer, paar en bring kleintjies in die wêreld deur die klitoris. Sommige ander diere, soos die lemur en slingeraap, het ook ’n groot klitoris.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Goodman_Roughgarden_Wingfield

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search