Kola-skiereiland

Die ligging van die Kola-skiereiland.

Die Kola-skiereiland (Russies: Ко́льский полуо́стров, Kolski poloe-ostrof; Fins: Kuolan niemimaa; Noors: Kolahalvøya) is in die noorde van Europese Rusland, oos van Finland, geleë. Dit grens in die noorde aan die Barentssee en in die suide en ooste aan die Witsee. Die skiereiland maak die grootste deel van die Moermansk-oblast uit[1][2] en die bekendste stad is Moermansk, met ’n bevolking van meer as 300 000 volgens die Russiese sensus van 2010.[3] Dit lê feitlik geheel en al in die Arktiese Sirkel en word soms tot die Lapland-gebied gereken.

  1. 2007 Atlas of Murmansk Oblast, p. 2
  2. Die skiereiland se oppervlakte is 100 000 km2 teenoor Moermansko-oblast se totale oppervlakte van 144 900 km2.
  3. Russian Federal State Statistics Service (2011). "Всероссийская перепись населения 2010 года. Том 1". Всероссийская перепись населения 2010 года (in Russies). Russian Federal State Statistics Service. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search