Kommunikasiekunde

Kommunikasie is die proses waarin gedagtes, gevoelens, en/of inligting uitgeruil word. Kommunikasiekunde is die studie van kommunikasie. Massakommunikasie is 'n dissipline wat fokus op instellings, praktyk en effek van joernalisme, uitsaaiwese en reklame op 'n groot, ongedifferensieerde of gesegmenteerde gehoor.

Kommunikasie beteken verskillende dinge vir verskillende mense. 'n Baba se huil is kommunikasie, so ook 'n moeder wat haar baba masseer, 'n hond wat sy stert swaai, 'n plant wat 'n spesifieke chemikalie afskei om sekere insekte te lok of ander plante te waarsku teen spesifieke insekte, 'n trein se fluit dra 'n boodskap oor, net soos die vlae wat op skepe geswaai word, soldate gee tekens deur middel van beuels, en ons stuur e-posboodskappe rondom die aarde of bel die bure. Kommunikasie kom dus neer op die stuur van 'n boodskap vanaf 'n sender na 'n ontvanger. Deur die eeue is verskillende idees gehuldig oor kommunikasie en hoe dit werk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search