Koring

Koring
Koring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Triticum

Verspreiding

Koring is een van die vernaamste grane waarmee die mensdom homself voed, oorspronklik vanuit die Levantgebied in die Midde-Ooste en die Ethiopiese hooglande, maar wat nou dwarsoor die wêreld verbou word.

Koring word op 'n groter landoppervlakte verbou as enige ander voedselgewas (220,4 miljoen hektaar in 2014).[1] Die wêreldhandel in koring is groter as die totaal van al die ander gewasse gekombineer.[2] In 2017 was die wêreldproduksie van koring 772 megaton, met 'n vooruitskatting van 766 megaton vir 2019,[3] wat dit die tweede mees geproduseerde graan naas mielies maak,[3][4] met rys in 'n knap derde plek.[5]

Sedert 1960 het die wêreldproduksie van koring en ander graangewasse verdriedubbel en sal na verwagting verder groei teen die middel van die 21ste eeu.[6] Die wêreldwye vraag na koring neem toe as gevolg van die unieke visko-elastiese en kleefeienskappe van gluten proteïene, wat die produksie van verwerkte voedsel vergemaklik, waarvan die verbruik toeneem as gevolg van die wêreldwye industrialiseringsproses en die verwestering van die mens se dieetpatroon.[7]

  1. "Crops/World Total/Wheat/Area Harvested/2014 (pick list)". United Nations, Food and Agriculture Organization, Statistics Division (FAOSTAT). 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2015. Besoek op 8 Desember 2016.
  2. Curtis; Rajaraman; MacPherson (2002). "Bread Wheat". Food and Agriculture Organization of the United Nations.
  3. 3,0 3,1 "World food situation: FAO cereal supply and demand brief". Rome, Italy: United Nations, Food and Agriculture Organization. 10 Maart 2019. Besoek op 14 Desember 2016.
  4. "Crops/World Total/Wheat/Production Quantity/2014 (pick list)". United Nations, Food and Agriculture Organization, Statistics Division (FAOSTAT). 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2015. Besoek op 8 Desember 2016.
  5. (en) World Wheat, Corn and Rice Geargiveer 10 Junie 2015 op Wayback Machine, Oklahoma State University
  6. Godfray, H.C.; Beddington, J. R.; Crute, I. R.; Haddad, L; Lawrence, D; Muir, J. F.; Pretty, J; Robinson, S; Thomas, S. M.; Toulmin, C (2010). "Food security: The challenge of feeding 9 billion people". Science. 327 (5967): 812–8. Bibcode:2010Sci...327..812G. doi:10.1126/science.1185383. PMID 20110467.
  7. Day L, Augustin MA, Batey IL, Wrigley CW (2006). "Wheat-gluten uses and industry needs". Trends in Food Science & Technology (Review). 17 (2): 82–90. doi:10.1016/j.tifs.2005.10.003.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search