Korubo

Korubo

Totale bevolking: Sowat 170
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Brasilië Brasilië
Taal: Korubo
Geloofsoortuiging: Geen
Verwante etniese groepe:

Die Korubo of Korubu is ’n inheemse volk van Brasilië wat in die laer Vale do Javari in die westelike Amasonebekken woon. Die groep noem hulself die Dslala en in Portugees word na hulle verwys as caceteiros ("knuppelslaners"). Baie van wat die buitewêreld van hulle weet, is danksy die navorsing van die Brasiliaanse ontdekkingsreisiger Sydney Possuelo, wat die stam in Oktober 1996 die eerste keer gekontak het, en die joernalis Paul Raffaele.

Die Korubo is een van die laaste feitlik geïsoleerde volke van die wêreld, hoewel hulle al talle gewelddadige botsings met nabygeleë gemeenskappe gehad het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search