Krieket Hongkong

Krieket Hongkong
Kenteken van Krieket Hongkong
Kenteken van Krieket Hongkong
Engelse naam Cricket Hong Kong
Afkorting CHK
Chinese naam 香港板球
Land Vlag van Hongkong Hongkong
Sportsoort Krieket
Stigting 1968
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit in 1969
Vastelandse beheerliggaam Asiatiese Krieketraad
Voorsitter Tony Melloy
Setel Causeway-baai op Hongkong-eiland, Hongkong, Volksrepubliek China
Amptelike tale Engels en Chinees
Amptelike webwerf hkcricket.org

Krieket Hongkong (Engels: Cricket Hong Kong, afgekort “CHK”; Chinees: 香港板球, Pinyin: Xiānggǎng Bǎnqiú, Jyutping: Hoeng1gong2 Baan2kau4), tot in 2016 bekend as die Hongkongse Krieketvereniging (Engels: Hong Kong Cricket Association, “HKCA”), is die bestuursliggaam wat krieket in die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong beheer. Die beheerliggaam is in 1968 gestig en in Causeway-baai op Hongkong-eiland gesetel. Sedert 1969 verteenwoordig dit Hongkong by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search