Kronberg im Taunus

Kronberg im Taunus
Stad
Die kasteel en historiese middestad van Kronberg im Taunus
Die kasteel en historiese middestad van Kronberg im Taunus
Amptelike seël van Kronberg im Taunus
Seël
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging in die deelstaat Hesse
Kronberg im Taunus is in Duitsland
Kronberg im Taunus
Kronberg im Taunus
Ligging in Duitsland
Koördinate: 50°11′N 08°31′O / 50.183°N 8.517°O / 50.183; 8.517
LandVlag van Duitsland Duitsland
DeelstaatHesse
Administratiewe streekDarmstadt
Administratiewe distrikHochtaunuskreis
Regering
 • BurgemeesterKlaus E. Temmen (onafhanklik)
Oppervlak
 • Totaal18,62 km2 (7,19 vk. myl)
Hoogte
257 m (843 ft)
Bevolking
 • Totaal18 312[1]
 • Digtheid983,5/km2 (2 547/vk. myl)
TydsoneUTC+1:00 (MET)
 • SomertydUTC+2:00 (MEST)
Poskode
61476
Skakelkodes06173
Webwerfwww.kronberg.de

Kronberg im Taunus (voor 17 Oktober 1933 gespel as Cronberg) is 'n klein stad en kuuroord in die administratiewe distrik Hochtaunuskreis van die Duitse deelstaat Hesse. Sy naam is afgelei van die kasteel Kronberg wat tussen 1220 en 1704 as setel van die ridders van Kronberg gedien het. Die kasteel is, net soos die historiese middestad met vakwerkhuise, 'n gewilde toeristeaantreklikheid, onder meer vanweë sy ligging op 'n rotsplato van waar besoekers 'n uitsig oor die Ryn-Mainvlakte het, en twee musea wat die geskiedenis van stad en kasteel behandel.[2]

Kronberg is naby Frankfurt am Main teen die suidelike helling van die Taunus-bergreeks geleë en word, naas die hoë koopkrag van sy inwoners (met 'n indeks van 179 is dit in vergelyking met die gemiddelde van Duitsland - 100 persent - die derde welvarendste nedersetting in die land na sy buurstad Königstein im Taunus en Starnberg in Beiere[3]), deur nou straatjies met historiese vakwerkboukuns in sy historiese middestad asook 19de eeuse en moderne somerhuise en villa's in welgestelde woongebiede in die buitewyke gekenmerk. Kronberg im Taunus word administratief onderverdeel in drie stadsdele - Kronberg, Schönberg en Oberhöchstadt.

  1. Statistik Hessen: Die Bevölkerung in den hessischen Gemeinden am 39.6.2019. Besoek op 10 Oktober 2019[dooie skakel]
  2. Markus Berger: Freizeitführer Südhessen. Gudensberg-Gleichen: Wartberg 2013, bl. 119-122
  3. Zeit Online, 2 Februarie 2016: Keine Idylle, nirgends. Besoek op 23 Oktober 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search