Kruis

Vir 'n artikel oor die Christelike simbool, sien Christelike kruis.
'n Griekse kruis, met vier ewe lang bene, en 'n satier, 'n kruis met skuins bene.

'n Kruis is 'n geometriese vorm wat bestaan uit twee lyne of balke wat mekaar kruis, gewoonlik loodreg op mekaar. Die lyne loop meestal horisontaal en vertikaal. 'n Kruis met skuins lyne, in die vorm van 'n Latynse letter X, word in heraldiek 'n saltier genoem.

Die kruis in verskeie vorms was 'n simbool van verskillende gelowe. In die tyd voor die Christendom was dit 'n heidense godsdienstige simbool dwarsdeur Europa en Wes-Asië. In antieke tye is 'n beeld van 'n man wat aan 'n kruis hang in landerye geplaas om die gewasse te beskerm. Die kruis is selfs as 'n manlike simbool van die falliese boom van die lewe beskou; dit is dus dikwels gebruik saam met die vroulike genitale sirkel of ovaal om 'n gewyde huwelik aan te dui, soos in antieke Egipte.[1][2]

  1. "Nefer in die Metmuseum".
  2. Walker, Barbara G. (1983). The Woman's Encyclopedia of Myths and Secrets. San Francisco: Harper & Row, Publishers. p. 188.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search