Die kuns van geheue (Latyn: ars memoriae) is een van 'n aantal beginsels wat losweg verband hou met mnemoniese beginsels en tegnieke. Die mnemoniese beginsels word gebruik om indrukke wat in die geheue gelaat is te orden en die vermoë om die indrukke te herroep te verbeter. Die mnemoniese beginsels help ook in die kombinasie en "uitvinding" van idees. 'n Alternatiewe term wat dikwels gebruik word, is "Ars Memorativa", wat ook dikwels vertaal word as die "kuns van geheue", hoewel sy meer letterlike betekenis "Memoratiewe Kuns" is. Daar word soms na verwys as mnemotegnieke.[1] Dit is 'n "kuns" in die Aristoteliaanse sin, wat dit beskryf as 'n metode of 'n stel voorskrifte wat orde en dissipline aan die pragmatiese, natuurlike aktiwiteite van die mens toevoeg.[2] Dit het sedert ten minste so vroeg as die middel van die eerste millennium V.C. bestaan as 'n erkende groep beginsels en tegnieke.[3]Die mnemoniese beginsels is gewoonlik geassosieer met opleiding in retoriek of logika, maar variasies van die kuns is gebruik in ander kontekste, veral die godsdienstige en die magiese.
Tegnieke wat algemeen in die kuns gebruik word, sluit die assosiasie van emosioneel treffende geheuebeelde binne gevisualiseerde plekke, die aaneenskakeling of assosiasie van groepe van beelde, die assosiasiebeelde met skematiese grafika of notae ("tekens, merke, figure" in Latyn), en die assosiasie van die teks met die beelde. Enige van of al hierdie tegnieke is dikwels gebruik in kombinasie met die beskouing of studie van argitektuur, boeke, beeldhouwerk en skilderkuns, wat deur die praktisyns van die kuns van geheue gesien is as veruiterliking van interne geheuebeelde en/of organisasie.
As gevolg van die verskeidenheid van beginsels en tegnieke en hul verskillende toepassings, verwys sommige navorsers na die "kunste van geheue", eerder as na 'n enkele kuns.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search