Kwark

Die deeltjies van die Standaardmodel.

Kwarke of quarks is een van die twee basiese soorte bestanddele van materie in die Standaardmodel van deeltjiefisika. Die ander is leptone. Hulle het ook antideeltjies, bekend as antikwarke.

Kwarke en antikwarke is die enigste elementêre deeltjies wat deur al vier fundamentele wisselwerkings op mekaar inwerk. Nog ’n belangrike eienskap van kwarke word inperking genoem, waarvolgens individuele kwarke nooit op hul eie in die natuur waargeneem kan word nie omdat hulle altyd in saamgestelde deeltjies genaamd hadrone (soos protone en neutrone) ingeperk is; ’n uitsondering is die bokwark, wat verval deur die swak wisselwerking voor ’n gebonde toestand kan vorm.

Die bestaan van kwarke is in 1964 voorspel deur die fisikus Murray Gell-Mann, en daarvoor het hy in 1969 die Nobelprys ontvang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search