Kwarkonium

’n Kwarkonium (van "kwark" en "onium") is ’n subatomiese deeltjie. Dit is ’n aromalose meson wat bestaan uit ’n kwark en sy eie antikwark. Voorbeelde van kwarkoniums is die J/ψ-meson en ϒ-meson.

Vanweë die groot massa van die bokwark kom dit nie in kwarkoniums voor nie omdat die bokwark verval deur die swak wisselwerking voor ’n gebonde toestand kan vorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search