L. Ron Hubbard

L. Ron Hubbard
Gebore
Lafayette Ronald Hubbard

13 Maart 1911
Tilden, Nebraska, VSA
Sterf24 Januarie 1986 (op 74)
Creston, Kalifornië, VSA
NasionaliteitAmerikaans
BeroepSkrywer, religieuse leier
Bekend virStigter van Sciëntologie en die kerk daarvan
Handtekening

L. Ronald Hubbard (13 Maart 1911 - 24 Januarie 1986) was 'n Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer wat 'n eiehulpstelsel genaamd "Dianetika" ontwikkel het en vir die eerste keer in 1950 gepubliseer het. Oor die volgende drie dekades het Hubbard sy idees tot 'n wye reeks doktrines en rituele ontwikkel, as deel van 'n nuwe geloof wat hy Sciëntologie genoem het. Hubbard se skrywes het die leidende tekste van die Kerk van Sciëntologie geword.

'n Deel van die straat vlakby die Kerk van Sciëntologie te Los Angeles is in 1996 na L. Ron Hubbard genoem

Die gesiene dagblad Los Angeles Times beskryf L. Ron Hubbard as 'n "intelligente en uiters belese man, met 'n verskeidenheid belangstellings, ervarings en kennis op verskillende gebiede".[1] Ander weer beskryf Hubbard as 'n omstrede publieke figuur en wys daarop dat baie details van sy lewe steeds betwis word.[2] Amptelike Sciëntologie-biografieë beskryf hom as 'n groter-as-lewensgroot figuur wie se loopbaan vol bewonderenswaardige prestasies in 'n wye reeks vakgebiede is.[3] Baie van hierdie bewerings word in twyfel getrek deur voormalige Sciëntoloë en navorsers wat nie tot Sciëntologie gebind is nie en wat kritiese beskrywings van Hubbard geskryf het.[4]

Lafayette Ronald Hubbard is op 13 Maart 1911 in Tilden, Nebraska (VSA) gebore en het van jongs af 'n intense belangstelling gehad in die werking van die menslike verstand en denke. Volgens die Kerk van die Sciëntologie se amptelike biografie oor hom het hy as jong man die geleentheid gehad om verskeie wêreldreise aan te pak, waartydens hy onder meer in aanraking gekom het met Oosterse gelowe en filosofieë soos die Hindoeïsme, Boeddhisme en Taoïsme.

Hy het later onder meer wiskunde, ingenieurswese en kernfisika aan die George Washington-universiteit bestudeer en was ook 'n vlootoffisier tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hubbard is swaar gewond in die Oorlog en dit was tydens die lang herstelperiode dat hy sy doktrine van Dianetics heeltemal kon formuleer. Hy het ook sy herstel toegeskryf aan die toepassing van elemente van hierdie doktrine op homself.

  1. Los Angeles Times, 24 Junie 1990: Creating the Mystique. Besoek op 25 Mei 2020
  2. Christian D. von Dehsen (1999). Philosophers and Religious Leaders: An Encyclopedia of People Who Changed the World (Lives and Legacies Series). Phoenix, Ariz: Oryx Press. p. 90. ISBN 1-57356-152-5.
  3. "Writer & Professional in Dozens of Fields" (in Engels). Church of Scientology International. 1996–2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2010. Besoek op 18 Februarie 2009.{{cite web}}: CS1 maint: date format (link)
  4. The Scientology Story. A six-part series in the Los Angeles Times, June 24–29, 1990. Besoek op 25 Mei 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search