Labia (geslagsdele)

Anatomie van die vroulike geslagsorgane:
1. Eierleier, 2. Fimbriae, 3. Blaas, 4. Skaambeen, 5. Para-uretrale kliere, 6. Urineleier, 7. Klitoris, 8. Vestibulêre bol, 9. Labia minora, 10. Labia majora, 11. Eierstok, 12. Dikderm, 13. Baarmoeder, 14. Forniks, 15. Serviks, 16. Rektum, 17. Vagina 18. Anus 19. Klier van Bartholin

Die labia of skaamlippe is deel van die vroulike geslagsdele; hulle is die belangrikste uitwendig sigbare dele van die vulva. In mense is daar twee soorte labia: die labia majora (die buitenste of groot skaamlippe) en die labia minora, twee velvoue tussen die groot labia. Die labia omring en beskerm die klitoris en die opening van die vagina en urinebuis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search