Lamantyn

Lamantyn
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Trichechidae

Gill, 1872
Genus:
Trichechus

Linnaeus, 1758
Spesies

Trichechus inunguis
Trichechus manatus
Trichechus senegalensis
Trichechus bernhardi

Verspreiding van die lamantyn

Die lamantyn of manatee (Trichechus) is 'n groot watersoogdier wat tot die familie Trichechidae behoort. Daar word geglo dat hul orde, Sirenia, meer as 50 miljoen jaar gelede van die ander vierbenige landsoogdiere geskei het; die diere wat die naaste aan hulle verwant is, is die olifante en die dassies.

Doegongs behoort ook tot die Sirenia en hulle noue verwantskap is onder meer te sien aan hul soortgelyke voorkoms: die twee families kan onderskei word deur hul skedel- en stertvorm. 'n Lamantyn se stert is in die vorm van 'n roeispaan, terwyl die doegong 'n gevurkte stert het.

Lamantyne is herbivore en bring die grootste deel van hul tyd in vlak water deur terwyl hul wei. Hulle lewe van waterplante, soos seegras, en kom in die varswatergebiede van Suid- en Sentraal-Amerika, in die Karibiese See en die Weskus van Afrika voor. Hierdie verspreiding dui ook die verskillende spesies aan:

  • Die Amasone-lamantyn (T. inunguis) kom aan die Ooskus van Sentraal- en Suid-Amerika voor en lewe in varswater. Hierdie lamantyn kan tot 3 m lank en 450 kg swaar word. Die Amasone-lamantyn lyk baie op die Karibiese lamantyn, maar is bietjie kleiner en het karakteristieke wit vlekke op sy bors en buik.
  • Die Karibiese lamantyn (T. manatus) kom op die Wes-Indiese eilande en die Karibiese See voor. Hy het 'n egalige grys kleur, maar kan soms groen voorkom as gevolg van alge wat op sy huid groei. Hierdie lamantyne kan tot 60 jaar oud word. Hulle het 'n lengte van tussen 2,5 tot 4,5 m en weeg tussen 200 en 600 kg.
  • Die Wes-Afrikaanse lamantyn (Trichechus senegalensis) is 2,5 tot 4,5 m lank en weeg tussen 200 en 600 kg.

Die Karibiese lamantyn is 'n bedreigde en nou ook beskermde diersoort. Die bevolkingsyfers het oorspronklik as gevolg van jagters gedaal, maar selfs na die dier beskerm is, hou menslike aktiwiteite steeds 'n gevaar in: die verspreiding van die mens hou in dat die diere se leefgebied kleiner word, terwyl die skroefenjins van motorbote en ingeslukte vishake en nylondraad verdere gesondheidsrisiko's inhou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search