Languedoc-Roussillon

Languedoc-Roussillon

Blason du Languedoc Roussillon

Départements Aude (11)
Gard (30)
Hérault (34)
Lozère (48)
Pyrénées-Orientales (66)
Prefektuur Montpellier
Bevolking 2 548 000 inw.
(2007)
Bevolkingsdigtheid 93 inw./vk km
Oppervlakte 27 376 vk km
Arrondissemente 14
Kantons 186
Munisipaliteite 1 545
President van
Gewestelike Raad
Damien Alary (PS)

Die administratiewe gewes (Frans: région) Languedoc-Roussillon [lɑ̃gˌdɔkʀusiˈjõ] (Oksitaans: Lengadoc-Rosselhon [ˌleŋgɔˈðɔk rruseˈʎu] , Katalaans: Llenguadoc-Rosselló [ˌʎeŋgwəˈðɔk rrusəˈʎo]) in Suid-Frankryk word gevorm deur vier départements, wat langs die Middellandse See lê – Aude, Gard, Hérault en Pyrenées-Orientales – en die binnelandse département Lozère, wat deel uitmaak van die Sentraalmassief. Die région is 'n samesmelting van die historiese provinsies Languedoc met sy Oksitaanse en Roussillon met sy Katalaanse geskiedenis en tradisies.

Die gewes word deur Spanje, Andorra, die golf van Lion en die régions Provence-Alpes-Côte d'Azur, Rhône-Alpes, Auvergne en Midi-Pyrenées begrens. Sy natuurlike grense is die Pireneë, die platorand van Lauragais, die Cévennes en die Rhônerivier. Weens die geografie van die gewes met sy vlaktes langs die see en die gebergtes in die agterland word na Languedoc-Roussillon ook as die "amfiteater" langs die Middellandse See verwys.

Languedoc-Roussillon beslaan 'n oppervlakte van 27 376 vierkante kilometer en het in 2007 'n bevolking van 2 548 000 inwoners gehad. Die hoofstad van die gewes is Montpellier.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search