Latynse alfabet | ||||
![]() | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | Sedert 700 v.C. | |||
Rigting | Links na regs | |||
Tale | Talle | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
Susterstelsels | ||||
ISO 15924 | Latin, 215 | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Latynse alfabet is die alfabet wat deur so te sê alle Westerse tale as skryfmedium gebruik word, insluitend Afrikaans en die ander amptelike tale van Suid-Afrika.
as die enigste amptelike skrif
as 'n mede-amptelike skrif
word nie gebruik nie
Die voorloper van die westerse alfabet is ontwikkel deur die Fenisiërs (sien Fenisiese alfabet). In gewysigde vorm is dit deur die Grieke oorgeneem. Die Romeine het weer 'n nuwe alfabet daarvan afgelei, wat egter ten opsigte van tekens van sy voorloper verskil. Die Latynse alfabet tel in die tyd van Cicero 21 letters. Vir die weergee van Griekse woorde word Y en Z later toegevoeg. I en V het sowel vokaliese as konsonantiese waarde. In die Middeleeue kom J (konsonant=medeklinker) en U (vokaal=klinker) daarby. W is dubbel V om /w/ weer te gee (die bilabiale semivokaal van, byvoorbeeld, die Engelse: wall, well, will, of Afrikaanse twee, swaai ens).
Tans bestaan vir Afrikaanse spelling 'n gebruiklike variant van die Latynse alfabet uit die volgende 26 hoofletters:
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M |
N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z |
en die volgende 26 kleinletters:
a | b | c | d | e | f | g | h | i | j | k | l | m |
n | o | p | q | r | s | t | u | v | w | x | y | z |
In baie tale is ekstra letters bygevoeg, of soos in Afrikaans is letters voorsien van diakritiese tekens (kappies, deeltekens ens.) om voorsiening te maak vir taalspesifieke skryfwyses.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search