Laurentides

Die Laurentides, soos gesien vanaf die bergpiek Acropole des Draveurs in die Parc des Hautes-Gorges (Charlevoix)
Die vakansieoord Mont-Tremblant
Mont-Tremblant met skihyser

Die Laurentides (Engels: Laurentians) is 'n gebergte in die suide van die provinsie Quebec, Kanada, wat oor 'n gebied van sowat 80 000 km² strek. Die hoogste van die granietpieke verrys sowat 960 meter bo seevlak. Die bergreeks het duisende mere en is die brongebied van die Gatineau-, L'Assomption-, Lièvre-, Montmorency- en Saint-Mauriceriviere.

Die vestiging van setlaars in hierdie gebied het in die 19de eeu begin danksy die pogings van die destydse "Koning van die Noorde", Antoine Labelle, 'n geestelike van Saint-Jérôme.

Vandag is daar sowat 350 000 inwoners in die gebied. Ná die Tweede Wêreldoorlog het talle ruskampe en vakansieoorde in die gebied ontstaan. Tans is die Laurentides die gebied met die hoogste "vakansieoorddigtheid" in Noord-Amerika en dwarsdeur die jaar 'n gewilde toeristebestemming.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search