Le Havre

Le Havre

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Normandië
 Département Seine-Maritime
 Koördinate 49°29′N 0°06′O / 49.483°N 0.100°O / 49.483; 0.100
 Stigting 1517
 Oppervlakte:  
 - Totaal 46,95 vk km
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 168 290
 - Bevolkingsdigtheid 3 600/vk km
 - Aire urbaine 235 218
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Édouard Philippe (Horizons)
 Amptelike webwerf Le Havre

Le Havre (Frans: [lə ɑvʁ(ə)], ; Normandies: Lé Hâvre, [lɛ ɑvʁ(é)]; letterlik: "die hawe") is 'n stad in die Noordwes-Franse département Seine-Maritime met 'n bevolking van sowat 168 000.

Die stad, wat aan die regteroewer van die Seine naby sy monding in die Atlantiese Oseaan geleë is, huisves die tweede grootste seehawe in Frankryk ná Marseille – vandaar sy bynaam Porte Océane. Volgens sy inwonertal is Le Havre die grootste stad in Normandië en volgens sy oppervlak die tweede grootste ná Rouen.

Le Havre is ná die uitgebreide verwoesting deur bomaanvalle gedurende die Tweede Wêreldoorlog volgens planne van Auguste Ferret en sy span van sestig argitekte tussen 1945 en 1954 as 'n moderne stad heropgebou. Die stadskern met sy kenmerkende kleurryke betonargitektuur is die enigste dergelike projek van die 20ste eeu wat deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search