Ledemaat

Ledemate is beweeglike liggaamsdele wat gebruik word om van een plek na 'n ander te beweeg en om voorwerpe mee te vat of na te gryp, vas te hou en te hanteer. Ledemate kom voor by gewerwelde diere (as vinne, pote, vlerke, arms, bene) asook by sommige van die laer diersoorte.

Die gryp- of vatfunksie is egter baie sterk ontwikkel by ʼn groep wat bekend staan as die primate (soogdiersoortiges). Die mens behoort ook tot hierdie groep. Verskeie spiergroepe is aan die benige gedeelte van die ledemate vasgeheg en is verantwoordelik vir die beweging van die ledemate. Die onderskeie benige komponente van die ledemate is deur middel van gewrigte en ligamente met mekaar in verbinding.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search