Leon van Nierop

Leon van Nierop
Gebore18 Februarie 1953 (1953-02-18)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepRolprentvervaardiger, skrywer, resensent

Leon van Nierop (gebore 18 Februarie 1953 in Brakpan) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, vervaardiger, skrywer en rolprentresensent. Hy het resensies vir verskeie publikasies soos aanvanklik Huisgenoot, Lig en The Citizen geskryf, en later Rapport, De Kat, asook Radio Sonder Grense (RSG) se Monito en Litnet. Hy skryf ook rubrieke, verhale en artikels onder verskeie skuilname. As voorbeeld, gee hy sy liefdesverhale onder die skuilnaam Jacqueline Brink uit.[1] Hy is al sedert 1975 omroeper by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), en tans as vryskutaanbieder, asook regisseur by RSG. Hy het vir 40 jaar lank nuus gelees op RSG. Hy tree op as medevervaardiger van DEKAT TV op SABC3 in 2009, en skep en bied 'n reeks van 30 episodes oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprentwese, DAAR DOER IN DIE FLIEK op kykNET aan in 2011. Dit het ook in boekvorm verskyn en is daarvoor bekroon.

  1. Louter leesplesier van begin tot einde Geargiveer 23 Desember 2015 op Wayback Machine, Beeld, 9 Mei 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search