Levitikus

Jode wat offerande op 'n altaar offer

Levitikus (Grieks: το Λευιτικόν βιβλίον, letterlik: "boek van die Leviete"; Hebreeus: ויקרא, Wajikra, letterlik: "en hy het geroep") is die derde boek van die Hebreeuse Bybel en die derde boek van die Pentateug. Die boek se naam dui aan dat die nageslag van Levi, die priesters en Leviete, 'n belangrike funksie het in dié faset van Israel se godsdiens wat in hierdie boek beskryf word. Levitikus handel oor die mens se benadering tot God.

Die boek was tussen 1440 en 1400 v.C. geskryf en Moses was die skrywer.

Die eerste sin van die boek is:

Die Here het vir Moses geroep en uit die tent van ontmoeting vir hom gesê: Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search