Ligjaar

'n Ligjaar is 'n afstandseenheid wat gelyk is aan net minder as 10 biljoen (10 x 1012) kilometer. Dit is die afstand wat lig in 'n vakuum aflê in een Juliaanse jaar (365,25 dae of 31 557 600 sekondes).[1] Dit word dikwels gebruik om die afstand van hemelliggame uit te druk, veral in niewetenskaplike publikasies. Die eenheid wat deur wetenskaplikes verkies word, is parsek (sowat 3,26 ligjare).

  1. The IAU and astronomical units, International Astronomical Union, http://www.iau.org/public_press/themes/measuring/, besoek op 2008-07-05 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search