Ligkurwe

Die ligkurwe van die asteroïde 201 Penelope, gebaseer op foto's wat op 6 Oktober 2006 geneem is. Dit wys een volle rotasie, wat 3,7474 uur geduur het.

In sterrekunde is ’n ligkurwe ’n grafika van die ligsterkte van ’n hemelliggaam of streek as ’n funksie van tyd. Ligkurwes kan periodiek wees, soos in die geval van ’n verduisterende dubbelster, Cepheïed, ander periodieke veranderlike ster en eksoplaneet wat voor hul sterre verbybeweeg; of nieperiodiek, soos dié van ’n nova, supernova of gravitasielens-voorval. Die bestudering van die ligkurwe kan saam met ander waarnemings lig werp op die fisiese proses wat ligskommelings veroorsaak.[1]

Die ligkurwe van ’n supernova kan byvoorbeeld gebruik word om vas te stel watter soort supernova dit is. As die ligkurwe ’n skerp stygende maksimum het en daarna stadig afneem, is dit ’n tipe I-supernova. As die kurwe ’n minder skerp maksimum het, vinnig afneem en dan afplat, is dit ’n tipe II-supernova.[2]

  1. S.V.H. Haugan Separating intrinsic and microlensing variability using parallax measurements (astro-ph/9508112. Augustus 1995) [1] Geargiveer 29 September 2011 op Wayback Machine
  2. hyperphysics.phy-astr.gsu.edu

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search