Limes

Grense van die Romeinse Ryk*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Limes Germanicus, 2de eeu
Lande verskeie
Tipe verskeie
Kriteria ii, iii, iv
Verwysings 430
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1987  (11de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Limes, oorspronklik die grens van die Romeinse Ryk, is tans een van die grootste monumente op aarde en gelys as Unesco-wêrelderfenis. Die Limes, wat as versterkte grenslyn tussen die 1ste en 6de eeu n.C. ontstaan het, het vanuit Brittanje deur Germanië en Raetië en verder tot in die Donauprovinsies, deur Romeins-oorheerste gebiede in die Nabye Ooste en tot Noord-Afrika geloop.

Die grensversterkings is dikwels nie gebou om vyandelike aanvalle af te weer nie (en dit was op baie plekke ook allermins geskik om enige militêre funksie te vervul, behalwe vir dié van vroeë waarskuwingstelsel), maar is eerder gebruik om handels- en migrasiebewegings te beheer. So het die Limes as doeane- en ekonomiese grens gedien. 'n Ander belangrike funksie was dié van kommunikasie. So is ligseine gebruik om nuus aan ander militêre grenskampe te stuur. Grensoorgange het 'n belangrike ekonomiese rol gespeel as mark- en handelsplekke waar bewoners van die Romeinse Ryk handel met die buitewêreld (Barbaricum) kon dryf. Oorblyfsels van die Romeinse Limes het tot vandag toe bewaar gebly. Die bekendstes hiervan is die Limes Germanicus (Duits: Obergermanisch-Rätischer Limes) in Duitsland, met 'n lengte van 550 kilometer die langste monument in Europa, en die Muur van Hadrianus in Skotland.

Die Latynse term limes is later steeds gebruik om na vergelykbare grensversterkings te verwys soos byvoorbeeld die Limes Saxoniae.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search