Lisjt

Lisjt
Die ruïne van Amenemhet I se piramide by Lisjt.
Die ruïne van Amenemhet I se piramide by Lisjt.
Koördinate 29°34′13″N 31°13′52″O / 29.57028°N 31.23111°O / 29.57028; 31.23111
Plaaslike naam  اللشت
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodeakker
Geskiedenis
Tydperk 12de en 13de Dinastie (Middelryk)
Uitgrawings Sedert 1882

Lisjt (Arabies: اللشت), ook Lisht of el-Lisht, is ’n Egiptiese dorp suid van Kaïro en ’n dodeakker van farao's uit die Middelryk van Egipte. Dit sluit twee konings se piramides in: Amenemhat I en Senoesret I. Hulle is omring deur kleiner piramides vir lede van die koninklike familie en baie mastabas van amptenare en hul familielede. Die grafkelders is tydens die 12de en die 13de Dinastie opgerig.

Die terrein is ook bekend vir die grafkelder van Senebtisi, wat ongeskonde ontdek is en ’n stel juweliersware bevat het. Die piramide van Senoesret I is die bes bewaarde een uit dié tydperk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search