Loodglit

Loodglit
 
Formule PbO  
Kleur rooi 
Glans vetagtig, dof 
Hardheid 2 (Mohs) 
Digtheid 9,14 g/cm3 
Dubbelbreking eenassig (-) 
RI-waardes nω = 2.665 nε = 2.535 
Ruimtegroep P4/nmm 
Strukturbericht-kode B10 
Eenheidsel a = 3.9729 Å, c = 5.0217 Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Loodglit[1] of litargiet (Eng. litharge van Grieks λιθάργυρος (silwerklip)) is 'n mineraal met chemiese formule PbO. By hoër temperature (488 °C) gaan dit oor in 'n geel allotroop wat as die mineraal massikot bekend is. [2]

Loodglit word in Namibië naby die Tsumeb-smelter aangetref (Osjikoto-streek).

  1. soms ook: "glit"; soms verwar met swart loodglans of galeniet PbS, of met rooi menie Pb3O4
  2. "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search