Tipiese pilaaruitleg van 'n sedan (A-B-C, driekas), stasiewa of "estate" (A-B-C-D, tweekas) en luikrug (A-B-C) van dieselfde modelreeks.VW Polo-luikrug'n 1938 Citroën-luikrug.Die 1963 Renault R1120, die eerste luikrug waarvan een miljoen eksemplare verkoop is.'n Opel Corsa-luikrug
'n Luikrug is 'n motorbakontwerp met 'n agterdeur wat opswaai om toegang te verleen tot 'n vragruim.[1][2][3][4] Luikrugmotors mag 'n tweede ry sitplekke hê wat platvou, waar die binneruim buigsaam aangepas kan word om passasiers of vragvolume te prioritiseer. Luikrugmotors kan twee- of driekasontwerpe wees.
Terwyl vroeë voorbeelde van dié motorbakontwerp terugdateer na die 1930's, dateer die Merriam-Websterwoordeboek die term synde 1970.[2] Die luikrugbakstyl word wêreldwyd bemark op motors wat wissel in grootte van supermini's, klein gesinsmotors tot uitvoerende motors en 'n paar sportmotors.