Lyfland

Die Lyflandse Konfederasie, 1260

Lyfland, verouderd, Liefland,[1] ook Eifland, Latyn Livonia, Pools Liwonia, Lyfs Līvõmō, Lets Vidzeme, Russies Ливония (Liwonija), Esties Liivimaa is die naam van 'n historiese streek in die Baltikum. Die Naam is afgelei van die Fins-Oegriese stam van die Liv.

Lyfland beskryf in 'n breër sin, die gebied van die hedendaagse State Estland en Letland in die voormalige Meesterdom Lyfland binne die staat van die Duitse Orde. Lyfland, in die enger sin beskryf slegs die streek noord van Riga tot by die Peipusmeer, wat gebiedsgewys ooreenstem met die Lettiese streek van Vidzeme in die suidelike helfte van Estland. Deesdae word dikwels net Vidzeme met Lyfland vergelyk, wat nog 'n vernouing van die begrip tot gevolg het.

  1. Charles Knight: Penny Cyclopaedia of the Society for the Diffusion of Useful Knowledge.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search